top of page
  • Writer's pictureMBF

HOE LYK 'N FINANSIELE HERSTELPLAN

Updated: Jun 29, 2022

Na die suksesvolle aansoek deur Mafube Business Forum (MBF), het die hooggeregshof die provinsiale owerhede beveel om in te gryp by Mafube Plaaslike Munisipaliteit ingevolge artikel 139 (5) van die Grondwet, en verder, om 'n Finansiële Herstelplan (FHP) te implementeer wat daarop gemik is om die munisipaliteit se vermoë te verseker om sy verpligtinge om basiese dienste te verskaf en om sy finansiële verpligtinge na te kom. Die FHP wat tans oorweeg word, is in lyn met die 4 pilare wat deur die Nasionale Tesourie gebruik word om munisipale volhoubaarheid te assesseer.


Hierdie 4 pilare is:

• Bestuur; • Institusionele stabiliteit; • Finansiële gesondheid; en • Dienslewering.


Die strategiese doelwit van die FHP is om die huidige finansiële nood aan te spreek deur te fokus op die verbetering van die korttermyn finansiële likiditeit van die munisipaliteit en deur die verbetering van die langtermyn finansiële volhoubaarheid van die munisipaliteit. Dit sal in fases geimplimenteer word, terwyl elke fase spesifieke hoof teikens het. Kwessies met betrekking tot bestuur, institusionele stabiliteit en dienslewering sal ook aangespreek word in soverre dit die finansiële herstel van die munisipaliteit ondersteun.


MBF, soos deur die uitspraak van die Hooggeregshof bemagtig, is tans in gesprek met die provinsiale ingrypingspan en het reeds ons voorstelle ingedien vir volhoubare inkomste- invordering, finansiële bestuur en dienslewering, om by die FHP ingesluit te word.


Inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers is welkom om ons kantore by Kerkstraat 18A te besoek gedurende ons besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295. Of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org.



8 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page