top of page
  • Writer's pictureMBF

KADER-ONTPLOOIING WORD BLAMEER VIR WATERKRISIS

Bekwame mense in Suid-Afrika se watersektor is vervang met ANC-ontplooide kaders en dit het gelei tot die waterkrisis wat SA tans beleef.


Terugvoer vanaf waterwetenskaplike dr. Anthony Turton, van die Universiteit van die Vrystaat, is dat Suid-Afrika se watervoorsiening in 'n groot krisis is. “Is dit ’n krisis? Wel, ek werk baie met die kommersiële wêreld, en ek vertel hulle dat ons diep in 'n krisis sedert 2002 is,” het Turton gesê. ‘n Kenmerk van die probleem is dat 46% van die land se water ondrinkbaar is, aldus die regering se jongste Bloudruppelverslag.Die kernoorsaak is dat 90% van die land se afvalwaterwerke tot 'n mate wanfunksioneel is. Hierdie ineenstorting filtreer deur die land se drinkwater omdat die waterstelsel op 'indirekte hergebruik' gebaseer is.


Turton verduidelik dat water van afvalwaterwerke na behandeling na die naaste rivier gestuur word en dan later deur grootmaatwateraanlegte opgetel word, wat dan die water verder behandel en na die eindverbruiker pomp. As die water dus nie behoorlik by afvalwateraanlegte behandel word nie, sal dit daartoe lei dat die water wat aan eindverbruikers verskaf word, onveilig is.


“Ek dink ons sal in die eerste plek moet begin met aanstelling van bekwame personeel sonder politieke inmenging. Dit is die belangrikste ding,” het Turton gesê toe hy gevra is hoe om die krisis op te los. "Hierdie hele idee van kader-ontplooiing in die watersektor, het wat my betref,  ons tot hierdie punt gebring waar ons vandag is. Dit is 'n nasionale krisis. Dit is 'n eksistensiële bedreiging vir die lewensvatbaarheid van ons nasionale ekonomie,” het Turton gesê.


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers om ons kantore te Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.


46 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page