Nee, dit is die "beurtkrag" nie, dit is "kragvermindering". As die liggies nie brand nie, is dit blykbaar nie Eskom se skuld nie, meen die minister van elektrisiteit, Kgonsientsho Ramokgopa. In 'n onlangse media verklaring wat deur Briefly News gepubliseer is, beweer die Ramokgopa dat Eskom die aanvraag van energie wel kan voorsien. Hy reken dat munisipaliteite glo "load-reduction" op dorpe toepas, omdat hy sê hul infrastuktuur nie op standaard is in hoë-digtheidsareas nie.
Ramakgopa vra in die verklaring dat daar aandag gegee word aan beleggings in die vorm van die opgradering en hernuwing van bestaande infrastruktuur by munisipaliteite. Hy sê dit is glo 'n nuwe tendens, dat munisipaliteite kragonderbrekings self implimenteer, ter wille daarvan dan hulle nie hul eie netwerk oorlaai nie.
Hoe dit okal sy, weereens kan Mafube dankbaar wees dat Rural Free State (RFS) ons munisipale elektrisiteitsinfrastruktuur behartig en dit onderhou. Dit is juis die absolute verval van die infrastruktuur wat RFS na Mafube gebring het.
Kom ons kyk wat is die feite:
- In 2011 het lewendige kragkabels in Mafube so laag gehang, dat mens daaraan kon raak.
- Kragkabels was nie werkend tot by elke eindpunt nie.
- Geld wat bedoel was om instandhouding en opgraderings te doen, is anders spandeer.
- Geld wat bedoel was om Eskom se rekening te vereffen, was anders spandeer.
- Eskom wou nie meer krag aan Mafube lewer nie, want die skuldlas was te hoog.
Vandat RFS die infrastruktuur en verspreiding van elektrisiteit in die Mafube omgewing oorgeneem het, was die enigste rede hoekom daar nie krag was nie, "beurtkrag" wat deur Eskom toegepas was. RFS is selfs besig om ander inisiatiewe te implimenteer om die effek hiervan te mitigeer.
Sonder energie en elektrisiteit, kan geen ekonomie bestaan of groei nie. As net daarop gefokus word, blyk dit dat RFS een van die belangrikste ratte in ons ekonomiese masjinerie is.
In Mafube kan ons weet dat "kragvermindering" nie as gevolg van RFS se onbevoegdheid sal wees nie.
Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.
Comments