top of page
  • Writer's pictureMBF

LAAT JOU STEM GEHOOR WORD


Het jy geweet jy kan deelneem aan die regering se besluitneming? Nie net tydens verkiesings nie, maar ook op 'n deurlopende basis. Suid-Afrika is 'n deelnemende demokrasie, dus is wette ongeldig wat aangeneem word sonder openbare deelname.

Openbare deelname aan die regering se besluite is baie belangrik, want hulle keuses kan ‘n groot impak op jou lewe hê.  


Die grondwet van Suid-Afrika vereis dat die Parlement, Wetgewers en Munisipale Rade 'n forum bied vir die openbare oorweging van kwessies en dat hulle:


  • petisies, klagtes en dispute ontvang;

  • openbare betrokkenheid by hul wetgewende en ander prosesse te fasiliteer, en

  • sake op 'n deursigtige oop manier te hanteer.


Dit is op plaaslike vlak waar ons die direkte effek van politieke besluite ervaar.  Normaalweg kan ons op ‘n gereelde basis by ons plaaslike munisipaliteite betrokke raak, wanneer besluite 'n impak op ons omgewing en gemeenskap het.


Ons grondwet word gesien as die mees progressiewe in die wêreld en maak voorsiening vir openbare deelname. In hoofstuk 7 artikel 152 word die doelwitte van plaaslike regering gestel as:


  • om demokratiese en verantwoordbare regering vir plaaslike gemeenskappe te voorsien;

  • om die verskaffing van dienste aan gemeenskappe op 'n volhoubare wyse te verseker;

  • om sosiale en ekonomiese ontwikkeling te bevorder;

  • om 'n veilige en gesonde omgewing te bevorder, en

  • om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in die sake van plaaslike regering aan te moedig.


’n Gesonde demokrasie het die publiek se betrokkenheid nodig, veral in regeringsbesluite wat hul lewens raak. Onthou dat jy insette kan lewer oor voorgestelde wette en verordeninge op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak. Jy kan betrokke raak by regeringsbesluite en jou help om die regering aanspreeklik te hou.


Jou stem kan gehoor word


Daar is verskeie maniere waarop jy jou mening kan lig en aktief die tipe samelewing waarin jy wil leef kan bevorder en aan toekomstige geslagte kan oordra. MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons ​​webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

 

24 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page