top of page
  • Writer's pictureMBF

Maak jou hart oop

Ontmoet vir Walter en Sini, twee Namahadi inwoners wat ‘n span skoonmakers in die dorp lei. Hulle neem elke oggend die besluit om die dorp te kom skoonmaak en opknap. Vir 6 maande draai die vrae in my kop: “Bestaan daar werklik sulke mense?” “Hoe kan hulle aanhou werk sonder betaling?

Dink nou mooi daaroor - sal jy werk net vir ‘n middagete? Sal jy die hele dag lank gewillig jou arbeid gratis lewer en met niks huistoe gaan nie?. Hierdie mense het nie eers naastenby die toerusting wat hul nodig het nie, en wat hulle wel het, moet hulle boonop ook nog bedel.

Toe ek hulle vra wat hul vewagting is, was die antwoord dat hul graag permanente werk wil hê om na hulle gesinne om te sien. Ek weet ek kan dit nie vir hulle belowe nie, maar ek hoop wel dat hulle drome sal waar word. Vir nou sorg ek dat hul ten minste elke dag ‘n middagete het.

Ek het egter na een van ons gemeenskapsvergadering agtergekom wat hul werklike behoefte is – net ‘n klein bietjie respek en erkenning!

Daarom vra ek van elke inwoner van Frankfort om asseblief julle harte teenoor die groep mense oop te maak. Al is dit net met ‘n dankie of ‘n wuif as jy hulle in die dorp of park.



0 views0 comments
bottom of page