top of page
  • Writer's pictureMBF

MAFUBE PHELA! MAAK ONS GEMEENSKAP BEURTKRAG-VRY


Die enorme negatiewe impak van beurtkrag op die ekonomie van die Mafube-streek het is onbetwisbaar ‘n werklikheid. Ons het reeds gesien hoe 'n aantal klein besighede hul deure moes sluit, wat die reeds problematiese werkloosheidssyfer net nog meer laat toeneem het. Mafube Business Forum (MBF) se missie en strewe is voorspoed en geleenthede vir almal binne ons gemeenskap. Dit gaan oor meer as net om beurtkrag-vry te wees – ons groter doelwit is nie net om te oorleef nie, maar om 'n omgewing te skep om goeie sake te doen en op sy beurt meer beleggings te lok na ons streek, om daardeur werkskepping te stimuleer.

 

Mafube Besigheidsforum (MBF), in samewerking met Rural Free State (RFS) het pas ‘n gemeenskapsprogram bekendgestel: Mafube Phela! Die inisiatief bied die geleentheid vir die hele Mafube munisipale gebied om beurtkrag-vry te wees.

 

Die proeftydperk wat in die Frankfort CBD uitgevoer is, het uitstekende resultate gelewer en het bewys dat die oplossing is om deur gebruik te maak van “versendbare op-aanvraag” energie, om sonkrag- en Eskom-krag aan te vul. Dit is haalbaar en volhoubaar, en boonop is dit bekostigbaar en kan maklik gedoen word.

 

Wat is Mafube Phela!

 

Hierdie is ’n gemeenskapsprojek wat aktiewe deelname van ons plaaslike inwoners en besighede vereis – hoe meer van ons aan boord is, hoe laer is die koste vir almal en hoe gouer sal ons hele streek beurtkrag-vry wees. Dit behels wel 'n minimale fooi wat elke maand by elke elektriese rekening gevoeg word soos bepaal deur die verskil in elkeen se

verbruik. In die geval van groter verbruikers, sal 'n eenmalige aanvangsfooi van toepassing wees. Die waarde en voordele gekoppel aan die deelname aan hierdie projek, oorskrei die addisionele heffing by verre. 

 

Sommige van die voordele:

 

  • Verbeterde produktiwiteit en dienslewering vir besighede;

  • Geen nodigheid vir duur kragopwekkers, omsetters en die instandhouding daarvan nie;

  • Oorskakeling is soomloos, verbruikers sal nie verandering van een kragbron na 'n ander opmerk nie;

  • Verbeterde sekuriteit – stelsels is altyd aan;

  • Verminderde diefstal van elektriese infrastruktuur en kabels omdat dit altyd van krag is;

  • Kostebesparings op energie-verbruiking as gevolg van minder aan- en afskakelings; en

  • Elektriese toerusting hou langer.


 

Hoe om deel te neem

 

Om deel te neem is maklik. As 'n eerste stap, kontak ons span op een van die volgende maniere:

  1. E-pos 'n navraag na info@mafubebf.org

  2. Stuur 'n navraag per WhatsApp na 079 145 4295

  3. Volg die skakel via die QR-kode hieronder of op kennisgewings wat by deelnemende besighede geplaas is, pamflette wat deur Mafube versprei word, in plaaslike koerante of op verskeie Facebook-bladsye.

 

Inwoners en sake-eienaars sal op hoogte gehou word van die vordering.

Vir verdere inligting en deelname, e-pos info@mafubebf.org of WhatsApp-boodskap/bel 079 145 4295 besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook. 

29 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page