top of page
  • Writer's pictureMBF

MBF maak sy “ROAD SHOW’ bekend

Updated: Feb 15, 2022

Mafube Besigheidsforum (MBF) sal ‘n reeks publieke vergaderings regoor die hele Mafube streek hou om inwoners in te lig omtrent die situasie by die munisipaliteit en die oplossings wat MBF aan die gemeenskap bied; om daardeur ook die hele gemeenskap te mobiliseer om positiewe verandering in ons streek teweeg te bring. Dit volg nadat Mafube Plaaslike Munisipaliteit vir die soveelste keer versuim het om sy grondwetlike verpligtinge na te kom in terme van dienslewering, verantwoordbare regering en deursigtige, goeie finansiële bestuur.

Die “Road Show” sal afskop in Tweeling op Woensdag 26 Februarie en tydens die volgende paar weke aanbeweeg na Frankfort, Villiers en Cornelia. Inwoners word gevra om die vergadering in hulle getalle by te woon om sodoende aan die owerhede te bewys dat ons as gemeenskap nie verder die onvermoë en korrupsie by ons munisipaliteit gaan duld nie en dat ons heeltemal voorbereid is met oplossings om self dienslewering te bewerkstellig.

Dit is van kardinale belang dat hierdie vergaderings goed deur ons inwoners ondersteun en bygewoon word. Ons móét as gemeenskap saamstaan en gesamentlik besluite neem oor hoe ons die pad vorentoe sal aanvat.

MBF is oortuig daarvan dat ‘n nuwe dag aangebreek het vir Mafube en dat ‘n blink toekoms op ons wag. Ons sien uit daarna om ons visie met u te deel en om gesamentlik die groot taak aan te pak.

Verseker asseblief dat u hierdie vergaderings bywoon en herinner ook u vriende, bure en familie daaraan.

Jannie Schabort – Voorsitter, Mafube Besigheidsforum

"Road show" dates:

WEDNESDAY 26 FEBRUARY 18h00 TWEELING NG CHURCH HALL

WOENSDAG/WEDNESDAY 26 FEBRUARIE/FEBRUARY 14H00 MAFAHLANENG COMMUNITY HALL

DINSDAG/TUESDAY 3 MAART/MARCH 18h00 FRANKFORT WILGERIVIER SCHOOL HALL

DONDERDAG/THURSDAY 5 MAART/MARCH 10h00 NAMAHADI VENUE T.B.C.

DONDERDAG/THURSDAY 5 MAART/MARCH 14h00 NAMAHADI VENUE T.B.C.

DONDERDAG/THURSDAY 5 MAART/MARCH 18h00 NAMAHADI VENUE T.B.C.

DINSDAG/TUESDAY 10 MAART/MARCH 18h00 VILLIERS VILLIERS SCHOOL HALL

DINSDAG/TUESDAY 10 MAART/MARCH 13h00 QALABOTJHA SPORTSFIELD

DINSDAG/TUESDAY 10 MAART/MARCH 16h00 QALABOTJHA MADIBA HALL

DONDERDAG/THURSDAY 12 MAART/MARCH 16h00 CORNELIA NG CHURCH HALL

DONDERDAG/THURSDAY 12 MAART/MARCH 18h00 MOHLAKENG COMMUNITY HALL

Picture: https://student-activity.binus.ac.id/


2 views0 comments
bottom of page