top of page
  • Writer's pictureMBF

MBF vergader met die Frankfort gemeenskap

‘n Reeks uiters suksesvolle vergaderings was gedurende verlede week met besigheidsleiers van Frankfort en Namahadi gehou, waartydens MBF sy toekomsplanne en ontwikkelingsstrategie bekend gemaak het. Besprekings het plaasgevind rondom MBF se aksies insake plaaslike regering, die opwindende Frankfort Solar Projek en hoe besighede en inwoners kan baat by MBF se unieke “Virtual Solar” aanbieding. Die vergaderings het baie positief verloop en plaaslike besigheidsmense wat dit bygewoon het, het hul waardering uitgespreek ten opsigte van MBF se volgehoude pogings om die klimaat vir handel en groei te verbeter.

Op Maandagaand 27 September het MBF ‘n dorpsvergadering gehou waarop inwoners ook ingelig was omtrent ons toekomsplanne. Die vergadering was besonder goed bygewoon en baie positiewe terugvoering was ontvang. Vergaderings sal ook eersdaags met die ander Mafube gemeenskappe gehou word.

Besoek gerus MBF vandag te Kerkstraat 18A, Frankfort. U kan ook 'n e-pos stuur na info@mafubebf.org of ‘n WhatsApps na 079 145 4295.





4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page