top of page
  • Writer's pictureMBF

Mooier Mafube


Soos verlede week berig is, sien Mafube Business Forum (MBF) met opgewondenheid uit daarna om Frankfort en sy omstreke binnekort weer 'n lus vir die oog te hê (wat optimaal funksioneer). Frankfort se voorkoms is van belang wanneer dit kom by die skep van welvaart, en om inwoners en besighede na Frankfort te lok. Om by te voeg tot die netjieser strate wat die gesnoeide palmbome sal bring, is dit van etiese en morele belang dat ons begraafplaas ook versorgd moet wees. Oom Chris de Witt en sy span is gereed om u te help om die laaste eer en respek aan u geliefdes te gee. Hulle hou die joodse begraafplaas en 'n paar ander grafte, al vir 'n geruime tyd netjies. Hulle sal ook u geliefdes se laaste rusplek netjies hou, soos dit hoort... Kontak oom Chris direk by 082 964 0010 vir vriendelike en voortreflike diens. Inwoners en plaaslike besighede word uitgenooi om klagtes en vrae aan ons by MBF te rig. Besoek ons kantore te Kerkstraat 18A gedurende ons besigheidsure, op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:30 tot 12:30, of kontak MBF per WhatsApp by 079 145 4295. Besoek ook ons Facebookblad of stuur 'n e-pos nainfo@mafubebf.org

1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page