top of page
Writer's pictureMBF

'n Lang pad reeds geloop!


Mafube Besigheidsforum is gestig tydens mid-2019 en het op 25 Oktober daardie jaar die eerste van ‘n reeks vergaderings gehou met Mafube Plaaslike Munisipaliteit, die provinsiale en nasionale departmente van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) en Tesourie. ‘n 2-daagse werskwinkel is ook gehou tydens einde-November 2019 waar daar ooreengekom was om die sogenaamde “Mafube Stakeholders Compact” te aanvaar, wat die gemeenskap en besighede sou toelaat om betrokke te raak met die bestuur van die munisipaliteit. Hierdie ooreenkoms was gesien deur alle partye as ‘n bloudruk vir munisipaliteite landswyd en sou onderteken word op 24 Januarie 2020. Op onverklaarbare wyse het die munisipaliteit en regeringsdepartemente onttrek sonder om redes te verskaf. MBF was toe genoop om regsstappe te neem om ingryping by Mafube te bewerkstellig. Die saak waarby president Cyril Ramaposa ook later betrek was, het op 27 Januarie 2022 in die Bloemfonteinse Hooggeregshof voorgekom en ‘n uitspraak was gemaak ten gunste van MBF op 28 April vanjaar.

MBF ontmoet eersdaags met die verteenwoordiger van die provinsiale uitvoerende kommitee om die weg vorentoe te bespreek.

Foto: Agter v.l.n.r.: Hans Pretorius, Member MBF; Tienie de Jager, Member MBF; Johnnie Lourens, Chairperson VBF; Malerata Macheli, Director CoGTA National; Stephan Kau, Head of Staff, Treasury F.S.; George Joma, Chief Engineer, MISA; Ndlahbu Mhlambi, IDP & PMS Unit, Mafube; Diao Ramabitsa, Director, Mafube; Abram Mgcina, Budget, Mafube; Dr. Petrus Botha, Director Municipal Finance, CoGTA FS; Annatjie Olivier, Office Manager Finance, CoGTA FS. Voor v.l.n.r.: Francisco Perreira, Member MBF; Petrus Mazibuko, Member VBF; Mmalerato Motsoeneng, Deputy-Chairperson MBF; Silvia Gelderblom, Chief Director CoGTA National; Mokhele Notsi, Administrator, Administrator, Mafube; JJ Matlole, Municipal Manager, Mafube; Jannie Schabort, Chairperson MBF; Jacques Jansen van Vuuren, Liaison Officer, VBF, MBF, DLU. [Foto deur Lungile Jacobs, Consulant, Mafube, 25 Okt 2019]


2 views0 comments

Comments


bottom of page