top of page
  • Writer's pictureMBF

'n MOONTLIKE OMGEWINGSRAMP AFGEWEER?

Updated: Jan 12



Vanuit beeld- en videomateriaal wat aan Mafube Besigheidsforum (MBF) gestuur is, blyk dit dat die duisende liters diesel wat in die Meulspruit naby Warden beland het, nou op ‘n moontlike natuurramp afstuur. Frankfort en omgewing kan ook hierdeur geraak word.

Dit volg nadat daar Woensdag 9 Maart, ‘n diefstalpoging van diesel was, wat per pyplyn vanaf die kus na Gauteng vervoer word. Toerusting was tydens die voorval beskadig, wat grootskaalse storting oor die veld tot gevolg gehad het. Die diesel het tot binne die Meulspruit gevloei, wat ‘n bo-loop van die Wilgerivier is. Foto’s en video’s vanoggend geneem, toon dat die diesel reeds met die Wilgerivier afvloei en moontlik vandag nog by Frankfort sal verbyvloei.

MBF is uiters besorg hieroor en het die voorval en vordering van die diesel-slik aan die betrokke omgewingsamptenaar by die Departement van Water en Sanitasie gerapporteer. Rand Water en Dept. Omgewingsake is ook in kennis gestel.

Pas ontvang: MBF het pas (11h45 11 Maart) terugvoer vanaf al 3 instansies verkry dat Transnet spanne op die toneel is om die storting op te ruim. Daar sal ook spesiale toerusting ingespan word om die riviere skoon te maak en verdere verspreiding te verhoed. Die situasie sal voortdurend gemonitor word.

MBF bly daartoe verbind om die gemeenskap by te staan. Maak ons hande sterk in hierdie stryd en sluit by ons aan.

Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A gedurende besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h00 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295 of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org

2 views0 comments
bottom of page