top of page
  • Writer's pictureMBF

 ‘n Raakvatter van Frankfort praat op kongres - NAMPOPARK

Die voorsitter van Mafube Besigheidsforum (MBF), Jannie Schabort was een van ‘n geselekteerde 77 sleuteldeelnemers uit SA, om by ‘n kongres, by NAMPO Park buite Bothaville, as gasspreker op te tree.



Die lot van Suid-Afrika se plattelandse gebiede staar daagliks baie uitdagings in die gesig en raakvatters en nuwe denkrigtings is nodig om hierdie alhoudend knellende situasie te ontsyfer en oplossings daarvoor te vind. Senwes is die hoofborg van die byeenkoms. Francois Strydom, uitvoerende hoof van Senwes, wou graag deur die geleentheid mense saambring, sodat elkeen hul suksesverhale kan deel, en daardeur opheffing en hoop te deel. Soos hulle sê, twee koppe is beter as een. In hierdie geval, amper 80 “koppe” wat saam gesels ter wille van oplossings.


‘n Boer maak ‘n plan, en dit doen hulle beslis. Maar om net te oorleef is ook nie noodwendig ideaal nie. Vir ekonomiese voortuitgang is dit beter dat die platteland floreer.


Volgens Landbouweekblad strek die uitdagings in ons land wyd, en is dit op die platteland nog erger: Onderwys tot gesondheid; paaie tot watervoorsiening; maatskaplike samehorigheid tot indiensneming.


Die raakvatters wat aan die kongres deelneem verteenwoordig landbou (korporatief en verwante besighede), boere en dorpsmense uit gemeenskappe waar daar ‘n traumatiese insident was of waar ingryping dringend nodig is. Werkende dorpe is belangrik vir die ekonomie van Suid-Afrika. Sonder ‘n dorp kan boere ook nie boer nie, en raak die land se kosmandjie leeg. Om van uitvoere nie eers te praat nie. Dit bring mens by infrastruktuur, dienslewering en basiese behoeftes… Alles items wat dringend aandag nodig het.


Jannie het die kongresgangers vertel van die hofsake waarin MBF betrokke is, ten einde dienslewering in Frankfort en die groter Mafube te herstel. Dit is inderdaad ‘n lang pad wat reeds geloop is en waarskynlik lê daar nog steeds ‘n lang ent pad voor. ‘n Papierspoor, opvolg, volharding, samewerking tussen gemeenskapsorganisasies, maar alles binne die wet, blyk die enigste antwoord te wees. Hy moedig ander spelers aan om altyd binne wetgewing te bly en nie moed op te gee nie. Ons het ‘n pragtige land. En ons kinders verdien dit om ook die mooi daarvan te ervaar en ekonomies te kan oorleef…


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons ​​webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

58 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page