top of page
  • Writer's pictureMBF

NAMPO Park – ‘n voorbeeld van hoe dit gedoen kan word!


Dawie Roodt, bekende ekonoom en TV persoonlikheid, het tydens die onlangse NAMPO-fees en -tentoonstelling verwys na die puik organisasie en infrastruktuur van die terrein buite Bothaville in die Vrystaat. Hy het gesê is ‘n duidelike bewys dat die besigheidssektor, die terrein, wat beskryf kan word as ‘n munisipaliteit in die kleine, behoorlik en op ‘n koste-effektiewe wyse kan bedryf. NAMPO Park is erken as die grootste tentoonstelling van sy soort in die suidelike halfrond.


Die park bestuur en beheer sy eie:

  • elektrisiteitnetwerk van 7 km, wat 1,6 megawatt lewer;

  • ‘n rioolstelsel van 5.2 km;

  • rommelverwydering;

  • ‘n waterverspreidingsnetwerk met 9 boorgate;

  • hooftoevoerlyn van 4,2 km;

  • wat 450 000 liter daagliks verskaf; en

  • plaveide paaie en wandellane van meer as 30 000m².

Ook teenwoordig was Dr. Ivan Meyer, die Weskaapse LUR vir landbou wat wil toesien dat daar boere op elke munisipaliteit moet dien, hy sê: “boere kan regmaak wat munisipaliteite nie kan nie!” Dr. Meyer het verder gesê dat daar op enkelpersoon-aanspreeklikheid binne instansies soos munisipaliteite aangedring moet word.

Die NAMPO-oesdag tentoonstelling word sedert 1974 op NAMPO Park gehou. Bywoningsyfers groei jaar na jaar en in 2022 was daar ‘n geraamde 90 000 besoekers.




Net soos by NAMPO het Mafube Besigheidsforum (MBF) tydens verlede week se Premier Imbizo, bewys wat gedoen kan word. Die Premier het MBF verlede Maandag gevra of daar ‘n Gala Dinee vir die besigheid- en landbousektor gereël kan word vir Donderdagaand 19 Mei. Binne 2 dae het MBF al die reëlings getref en ‘n puik funksie georganiseer wat vir lank onthou sal word. Ons bedank graag almal wat dit op kort kennisgewing en te midde van oestyd bygewoon het. Baie dankie ook vir die geesdriftige deelname tydens die vraag- en antwoordsessie.

Indien u nie reeds by MBF ingeskakel het nie, nooi ons u uit om by ons wenspan aan te sluit.

Inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers is welkom om ons kantore by Kerkstraat 18A te besoek gedurende ons besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295. Of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org Besoek ons webwerf by www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

Fotos (orde waarin genoem is in artikel): (1) Dawie Roodt, bekende ekonoom en TV persoonlikheid (2) Dr. Ivan Meyer, die Weskaapse LUR vir landbou (3) Jannie Schabort, Voorsitter van MBF & Sisi Ntombela, Premier Vrystaat, by onlangse Gala Ete, as deel van provinsiale Imbizo 2022

1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page