top of page
  • Writer's pictureMBF

Nuwe aanstelling

Mafube Besigheidsforum (MBF) verwelkom Marina van Biljon wat einde Februarie by ons aansluit as kantoorbestuurder. Marina het jarelange ondervinding in bemarking, kommunikasie en besigheidsadministrasie - vaardighede wat MBF in staat sal stel om nog ‘n wyer reeks dienste aan ons lede beskikbaar te stel.

Sandra Smit wat tot op hede ons kantoor bestuur het, het ‘n ander pos aangeneem. MBF bedank haar vir haar harde werk en toewyding wat bygedra het tot die sukses van die organisasie tot dusver. MBF wens Sandra alle voorspoed toe op haar pad vorentoe.

Besoek ons kantore te Kerkstraat 18A gedurende ons besigheidsure, op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:30 tot 12:30, of kontak MBF per WhatsApp by 079 145 4295.


0 views0 comments

Recent Posts

See All

Buite en bokant die ingang van die munisipale geboue van Mafube Plaaslike Munisipale is die woorde “Batho Pele” versier, dit is ook op plakkate binne meeste regeringskantore. Maar wat beteken dit? Een

bottom of page