top of page
  • Writer's pictureMBF

Nuwe baadjie


Frankfort se strate is besig om ‘n nuwe baadjie te kry met al die mooi gesnoeide palmbome wat reeds sigbaar is. Baie dankie aan ieder en elk wat bydra tot hierdie aksie. U is welkom om in te skakel en deel te word van die borg-‘n-boom-gemeenskap. Ons is al amper by 100 bome!! Help ons asb om die doelwit te bereik en dit nog mooier te maak. Van nuwe baadjies gepraat, besoek gerus die MBF kantoor en sien sy nuwe klere – letterlik. MBF wil streef daarna om die hele Mafube-gemeenskap vorentoe te neem in al sy fassette, hetsy infrastruktuur, ekonomie, boerdery en vervaardiging, met die doel om welvaart en voorspoed vir al sy inwoners en besighede volhoubaar te bevorder.

Sluit vandag by MBF aan. Besoek ons kantore te Kerkstraat 18A gedurende ons besigheidsure, op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:30 tot 12:30, of kontak MBF per WhatsApp by 079 145 4295. Besoek ook ons Facebookblad of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org

0 views0 comments

コメント


bottom of page