top of page
  • Writer's pictureMBF

RIOOL LOOP IN RIVIER OMDAT KABEL TWEE JAAR TERUG GESTEEL IS

'n Relatiewe netjiese en nuwe pompstasie naby Geelhoutstraat in Frankfort staan onbenut en riool loop direk in die rivier in. Die rede hiervoor is omdat die kabel wat die stasie van krag voorsien so twee jaar gelede gesteel is - die kabel is nie eers 5 meter lank nie, maar is tot op hede nog nie vervang nie. Die Geelhoutpompstasie is egter nie die enigste bron van kommer nie...



Die groter pompstasie, Namahadi-pompstasie, se rioolwater loop ook direk in die stroom in wat die Wilgerivier bedien. Soos alom bekend vloei water vanuit die Wilgerivier na die Vaaldam wat onder andere Gauteng van water voorsien. Nie net word ons eie water besoedel nie, maar ook die res van die rivier se water en eko-sisteem.


Beamptes van DWS uit Pretoria het vandag MBF vergesel en verskeie pompstasies in die Mafube-omgewing besoek. Hulle sal 'n volledige verslag met bevindinge bekendstel.



18 views0 comments

Comments


bottom of page