top of page
  • Writer's pictureMBF

SAKE VERGADERING VAN 20 JULIE 2023

Op 'n yskoue aand is vuurwarm vrae gevrae en kwellende kwessies uitgeklaar oor die elektrisiteitverspreiding en -voorsiening in Mafube - nou en toekomstig.

Uitgeklaar deur Chris Bosch, Hoof Uitvoerende Beampte van Rural Free State, is dat Mafube binnekort nie meer hoef te swig onder die druk wat beurtkrag op besighede en huishoudings plaas nie. RFS te same met 'n paar plaaslike besighede en individue het 'n sonplaas buite Frakfort gebou met die oog daarop om 'n beplande nuwe ontwikkeling van elektrisiteit te voorsien. Terwyl tegniese en administratiewe detail i.v.m. die ontwikkeling uitsorteer word, het Suid Afrika se beurtkrag ge-eskalleer tot op n vlak waar dit die ekonomie ernstige skade berokken.

In plaas daarvan dat die die krag wat deur die sonplaas opgewek word verlore gaan glo RFS dat die gemeenskap eerder voordeel daaruit moet trek. Met die verdere agteruitgang van kragvoorsiening in SA is besef dat RFS 'n oplossings vir kragvoorsiening in die nag ook kan bied. Die oplossing is 'n battery-plaas wat krag aan die dorp sal voorsien terwyl die son nie skyn nie. Omrede die batterye op groot skaal gekoop sal word, is dit meer bekostigbaar vir die gebruiker. ‘n Bonus is dat 50% van die finansieringskoste vooraf goedgekeur word - te danke aan onderhandeling deur RFS met groot bankinstellings.

Die eindresultaat vir al die inwoners en besighede van Mafube sal wees dat hulle nie oor beurtkragskedules, kragopwekkers en ander bronne van elektrisiteit bekommerd hoef te wees nie. Waar ‘n huishoudings kan bad, kook en klere was op normale tye, besighede se masjiene en yskaste kan werk soos en wanneer nodig. Dat elkeen net hoef te doen wat hy veronderstel is om te doen sal RFS omsien na die sonplaas en battery-aanleg, rakende installasie en instandhouding.

Die uiteinde sal ook wees dat die bate aan die gemeenskap sal behoort, op die mate wat hulle deelneem.

Voer jou kragmeternommer in soos aangedui word om die kostes te bepaal om ook deel te kan wees van 'n gemeenskap, wat na hulself omsien om die gevolge van beurtkrag hok te slaan. Gebruik hierdie skakel: https://rb.gy/zv7l6

Dankie aan Frankfort Gholfklub vir die gebruik van hul fasiliteite.



0 views0 comments
bottom of page