top of page
  • Writer's pictureMBF

SEDA TAK-BESTUURDER GLO IN MAFUBE SE POTENSIAAL

Dr Riaan Oelofse, takbestuurder van SEDA in Fezile Dabi het vanoggend twee van die kantore wat Mafube bedien se Besigheidsanaliste saamgebring. Mak Sithole is van die Kroonstad kantoor en Julienne Koaho is van die Sasol kantoor.




Daar is reeds vele entrepenieurs en klein sake besighede wat by SEDA ingeskakel het. Daar is steeds baie inwoners in Mafube wat soveel inovasie en inisiatief het, om die lewe vir hulself en diegene rondom hulle te verbeter, en so ook en 'n bydrae tot die ekonomie lewer.

MBF nooi kleinsake-besighede, entrepeneurs uit om kontak te maak en voordeel te trek uit die wye ondersteuning wat SEDA kan bied.


Foto: Agter: AJullien Koaho, SEDA; Izak van der Merwe, MBF; Dr Riaan Oelofse, SEDA; Voor: Jacques Jansen van Vuuren, MBF; en Mak Sithole, SEDA.


Besoek MBF by Kerkstraat 18A, Frankfort, gedurende werksure, van 08h30 tot 16h00, Maandag tot Donderdag en 08h00 tot 12h30 op Vrydae. Kontak Marina per WhatsApp 079 145 4295 besoek die MBF webwerf www.mafubebf.org


1 view0 comments

Comments


bottom of page