top of page
  • Writer's pictureMBF

Slaggatprojek vorder goed



Inwoners en belangstellendes word uitgenooi na Carolinastraat in Frankfort, om te sien hoe daar met MBF se Slaggatprojek gevorder word. Ons beplan om die werk in Carolinastraat binne die volgende 3 weke te voltooi, waarna Frankfortstraat aangepak sal word en ons vir ‘n hele maand besig sal hou. Ons bedank elkeen wat reeds bygedra het vir hulle ondersteuning en geduld.

Indien inwoners en besighede betrokke wil raak met die herstel van slaggate in hulle strate, kontak ons gerus. Besoek ons kantore te Kerkstraat 18A gedurende ons besigheidsure, op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:30 tot 12:30, of kontak Sandra per WhatsApp by 079 145 4295. Of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org

1 view0 comments

Comentários


bottom of page