top of page
  • Writer's pictureMBF

Uitspraak voorbehou. Wat nou?


Advokate Frik Erasmus SC en Paul Eilers het namens MBF 'n baie sterk saak vir ingryping deur die Nasionale Uitvoerende gesag aan regter Ilse van Rhyn voorgelê en 'n baie oortuigende argument gevoer dat die Nasional Uitvoerende Gesag beveel moet word om ingevolge artikel 139 (7) van die grondwet in te gryp by die munisipaliteit in stede van die provinsie en dat die gemeenskap van Mafube toegelaat moet word om betrokke te wees by die heropbou van hul mislukte munisipaliteit. Nie minder nie as 7 advokate met volle ondersteunende personeel, wat die 17 respondente verteenwoordig het, het ons saak teengestaan. Die bevele wat van regter van Rhyn aangevra word, is inderdaad verreikend en indien dit aan die Applikante toegestaan word, sal dit beslis 'n president skep, maar soos alle partye toegegee het, verg drastiese tye drastiese ingryping. Die vernaamste implikasie van 'n gunstige uitspraak in hierdie saak sal groter betrokkenheid van gemeenskappe beteken om deursigtigheid, aanspreeklikheid en toeganklikheid te verseker soos beoog word in plaaslike regeringswetgewing en ons nasionale Grondwet. MBF en sy strategiese vennoot Afriforum, sien vol verwagting uit na die uitspraak wat binne 30 dae verwag word. Volg gerus die gesprek op MBF se Facebookblad Mafube Business Forum en die van Afriforum AfriForum #Afriforum

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Buite en bokant die ingang van die munisipale geboue van Mafube Plaaslike Munisipale is die woorde “Batho Pele” versier, dit is ook op plakkate binne meeste regeringskantore. Maar wat beteken dit? Een

bottom of page