top of page
  • Writer's pictureMBF

VERKOPE VAN KOMMERSIELE EIENDOM STYG NAMATE VERKOPERS BETER DIENSTE SOEK

Updated: Nov 3, 2023

In 'n onderhoud op nasionale televisie, het mnr. John Loos, eiendomsektorstrateeg by FNB Commercial Property Finance, bevestig dat die verkoopsyfer vir kommersiële eiendomme besig is om te styg, omdat eienaars beter munisipale dienste soek. Dit is dus duidelik dat eiendomspryse, veral vir kommersiële eiendomme, negatief beïnvloed word in dorpe en stede waar munisipale dienste nie op aanvaarbare standar is nie. Dienste sluit in sanitasie, water- en elektrisiteitsvoorsiening, swak paaie en gebrekkikge vervoer. Baie eienaars verkoop hul kommersiële eiendomme vir die beste aanod wat gemaak word, as gevolg van markverwante druk, en hervestig hul bedrywighede of belê elders. Elders - waar die omgewing minder vyandiggesind is teenoor besigheid en beter waarde vir geld verkry kan word in terme van munisipale dienste.



Mafube Besigheidsforum (MBF) huldig lank reeds die siening dat behoorlike dienslewering deur 'n plaaslike owerheid een van die sleutelfaktore is wat bydra tot 'n omgewing waarin besighede kan floreer. Waar 'n plaaslike owerheid goed presteer in hierdie verband, sal sy waarde-aanbod gunstig deur besluitnemers oorweeg word. Suksesvolle munisipaliteite besef maar al te goed dat hulle in 'n mededingende ruimte funksioneer en dat uitnemendheid in terme van dienslewering voorsiening sal maak vir die voorsprong wat hulle nodig het om beleggings na hul streke te lok.


Ons Mafube-streek beskik reeds oor die boustene wat nodig is om die belegging te lok waardeur ons, ons plaaslike ekonomie kan laat groei. Ons het volop grond en water; ons is in die proses om 'n uitgebreide hernubare energienetwerk te ontwikkel om stabiliteit te verseker en so inwoners se uitgawes te verminder. Die grootse bate van ons streek, is ons mense. MBF kyk verder as om armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te spreek – deur 'n besigheidsvriendelike omgewing te verseker poog ons om welvaart aan ons hele gemeenskap te bring en Mafube die plek van keuse vir besigheid en inwoners te maak.

Ons benodig nou beter munisipale dienste!


Kyk na die video by: https://t.ly/mDs_R


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers om ons kantore te Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

0 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page