top of page
Writer's pictureMBF

VERSNEL DIENSLEWERING EN STOP KORRUPSIE

VERSNEL DIENSLEWERING EN STOP KORRUPSIE


[Afr] Nie baie van ons dink gereeld oor hoe regeringsinstansies belastinggeld bestee nie – dit beloop ‘n fortuin! Hierdie instansies is die grootste aankopers van goedere en dienste uit die privaatsektor. In 2019 het globale verkryging $11 triljoen (R203 triljoen) beloop, omtrent 12% van globale Bruto Binnelandse Produk. In Suid-Afrika maak hierdie uitgawes 'n verstommende helfte van staatsuitgawes uit.


Elektroniese verkryging, of “e-procurement”, vergemaklik transaksies van hierdie aard vir dienste, en spoed is deurslaggewend in krisisse soos bv. COVID-19. Dit is bewys dat in Suid-Korea, die bekendstelling van e-verkryging beteken dat die verwerking van tenders van gemiddeld 30 uur tot net twee gesny is, terwyl die openbare verkrygingsproses in Argentinië met meer as 11 dae gedaal het.



E-verkryging laat nie net transaksies vlotter loop nie, dit help om om korrupsie te beveg en maak staatsbesteding meer doeltreffend. Dit is van kardinale belang omdat korrupsie jaarliks wêreldwyd 'n triljoen-dollar-probleem is, met min oplossings daarvoor. Volgens Tansparency International vaar die wêreld tans net so swak soos 10 jaar gelede in terme van korrupsie.


Op plaaslike, of munisipale vlak,kan e-verkryging ongelooflik effektief wees om korrupsie in openbare verkryging te onder beheer te kry. Die mees voor die hand liggende, onmiddellike en goed gedokumenteerde gevolg is dat e-verkryging regeringsinstansies geld bespaar. Navorsing dui daarop dat vir elke rand wat spandeer word op e-verkryging-sisteme, besparings van R38.00 sal realiseer. Dink net wat dit vir Mafube kan beteken.


Dit is nie net in pandemies dat so 'n stelsel sy waarde kan wys nie. Met e-verkryging het die Oekraïne se regering gehelp om aan te hou funksioneer toe dit deur Rusland binnegeval is. Transparency International het verlede jaar berig dat "die verkrygingstelsel en alle platforms elke dag werk", selfs al is 'n groot deel van die land aangeval.


’n E-verkrygingstelsel verminder vermorsing in openbare besteding, bou veerkragtigheid en laat regerings toe om beter voorbereid te wees vir komende uitdagings. Elke regeringsinstansies, en veral munisipaliteite behoort so 'n beleid te volg. Nasionale Tesourie het juis die wanfunksionaliteit van Mafube Plaaslike Munisipaliteit in hierdie verband uitgewys in hul onlangse Status Quo verslag. MBF het kommentaar gelewer op die Munisipale Finansiële Reddingsplan en tekortkominge geïdentifiseer waarop voorstelle ingedien is oor hoe daar bystand gegee kan word aan MPM om beleide en sisteme in plek te kry vir ‘n e-verkrygingstelsel.


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

1 view0 comments

Comments


bottom of page