VRAAG 2:
- MBF
- Oct 17, 2022
- 1 min read
[REEKS ONBEANTWOORDE VRAE UIT OPBENBARE VERGADERING VAN MPM]
Mnr Ralebenya, Cornelia was vir 30 dae sonder water. Die publieke vergadering geskeduleer op Cornelia vir 26 Sept is nie deur u bygewoon nie en geen verskoning is tot op datum ontvang nie. Die volgende week in Tweeling kon die vraag hieroor steeds nie bespreek word nie, want dit was "..nie die regte dorp nie..." vir die bespreking nie. Selfs in Villiers op 4 Okt, wou u nie antwoord op hierdie onmenslike situasie nie.
Nietemin, toe hierdie kwessie op 13 Okt op die vergadering wat in Frankfort gehou is weer geopper is, het u dit van dit van die tafel af gevee met “...niemand kan so lank sonder water oorleef nie”! U het daarop gewys dat 2 tot 3 trokke elke dag water by Cornelia aflewer. Die verskaffing van water aan Cornelia behoort so eenvoudig te wees soos om 'n klep by die Frankfort-behandelingsaanleg oop te maak. As iemand die moeite gedoen het om ondersoek in te stel sou gevind word dat die toevoer na die elektries-aangedrewe klep afgesny is.
Het u ondersoek by die Frankfort-watersuiweringsaanleg gedoen en wat was u bevindinge? Wat is die koste om water per vragmotor aan Cornelia te lewer en wie trek hierby baat?
P.S. ’n Petisie vir skoon lopende water in Cornelia met 500 handtekeninge is beskikbaar, maar word ook deur MPM ignoreer.

Comments