[REEKS ONBEANTWOORDE VRAE UIT OPBENBARE VERGADERING VAN MPM]
Mnr. Ralebenya, u het aangedui dat MPM beplan om nog 4 000 voorafbetaalde watermeters te installeer. Volgens die Waterwet moet u prioriteit egter wees om water aan die gemeenskap te verskaf en volgens die opdrag van die Tesourie, om die waterretikulasiestelsel van Frankfort en Namahadi te beskerm deur eers drukbeheermaatreëls te installeer. U het besluit om die advies te ignoreer en sonder 'n behoorlike sakeplan voortgegaan sonder die nodige omsigtigheid, R15-Miljoen van belastingbetalers se geld bestee om bestaande en in die meeste gevalle ten volle funksionerende 1458 voorafbetaalde watermeters te vervang. Dit beteken dat die eenheidskoste van die geïnstalleerde meters meer as R10 000.00 is, terwyl hierdie meters deur enige individu vir ongeveer R2 000.00 per eenheid gekoop kon word. Dit is moeilik om te glo dat pype en arbeid R8000.00 per meter sal opmaak. Wie trek voordeel uit die opgeblaasde koste? Hoekom is die R15-Miljoen nie eerder bestee aan die herstel van lekkasies of die instandhouding van die watersuiweringsaanlegte nie?
Comentários