top of page
  • Writer's pictureMBF

WAT WERKNEMERS MOET WEET VAN MAATREËLS OP VLAK 4 VAN INPERKING:

Updated: Feb 15, 2022

1. Inligting

Jou werkgewer moet jou behoorlik inlig oor die koronavirus en presies watter prosedures gevolg gaan word om te keer dat die virus by die werk versprei word.

2. Maskers

Almal móét maskers by die werk dra. Dit geld nie net werknemers nie, maar ook besoekers by die werk. Jou werkgewer moet ten minste twee maskers wat van materiaal gemaak is en wat gewas kan word vir jou gee.

3. Handreinigers

Die werkgewer moet genoeg handreiniger beskikbaar stel sodat werkers hul hande gereeld kan skoonmaak. Dié handreiniger moet ’n alkoholinhoud van ten minste 70% bevat. Szana sê die gereelde gebruik van handreiniger kan jou vel uitdroog. Hy beveel aan dat jy gereeld handeroom gebruik om die newe-effek teen te werk.

4. Fisieke afstand

’n Afstand van ten minste 1,5 m moet tussen werknemers gehandhaaf word. Waar dit nie moontlik is nie, moet daar skerms tussen werknemers aangebring word om hulle te beskerm. Dié afstand moet nie net gehandhaaf word waar mense werk nie, maar ook in algemene areas soos in lokale waar vergaderings gehou word en in kafeterias.

5. Ventilasie

Daar moet genoegsame ventilasie in die werkplek wees om die viruslading te verminder. Szana sê daar moet ook verseker word dat lugreëling in behoorlik werkende toestand is sodat die virus nie daardeur versprei nie.

6 . Siftingsproses

Alle werknemers moet deur ’n siftingsproses gaan waar hulle vir moontlike simptome getoets word voordat hulle kan begin werk. Dit sluit onder meer in dat hul koors gemeet word.

7. Simptome

As jy simptome van die Covid-19-virus by die werk ontwikkel, moet jy jou werkgewer onmiddellik inlig. Werkgewers moet die departemente van arbeid én gesondheid onmiddellik inlig as daar werknemers is wat simptome van die virus toon. Jy kan net teruggaan werk toe as jy negatief toets vir die virus en wanneer die korrekte prosesse gevolg is.

8. Isolasie

As daar vermoed word dat jy moontlik Covid-19 onder lede het, moet jou werkgewer onmiddellik maatreëls tref dat jy in isolasie geplaas word. Jou werkgewer moet jou gedurende dié tyd óf siekteverlof betaal óf hy moet ’n eis namens jou by die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19-Ters-program indien.

9. Naspeuring

Jou werkgewer moet volgens wet die departement van gesondheid bystaan om enigiemand wat moontlik aan die nuwe koronavirus blootgestel was, na te speur.

10. Verantwoordelikheid

Dit is jou én jou werkgewer se verantwoordelikheid om enige moontlike oordrag van die virus te voorkom. Nxesi sê dit is dus werknemers se verantwoordelikheid om alle prosesse te volg én om al die nodige beskermende toerusting te dra.


1 view0 comments
bottom of page