top of page
  • Writer's pictureMBF

WATERMETERS - "PREPAID" OF KONVENSIONEEL?

Updated: Jan 12


Kort voor die munisipale verkiesing was daar ‘n geskarrel om voorafbetaalde (prepaid) watermeters ook in Villiers te installeer. Vermoedelik omdat daar nie sekerte was oor hoe die nuwe munisipale raad saamgestel sou word nie, en of die kontrakteurs toegelaat sou word om voort te gaan met hierdie omstrede projek van R15-miljoen nie.

Nou dat die ANC al 9 Mafube wyke beheer, is daar blykbaar opdrag gegee dat daar wel voortgegaan moet word. Die munisipale bestuurder Mnr. Josie Ralebanya, ‘n kennisgewing uitgereik aan Villiers inwoners en besighede dat die projek hervat sou word vanaf 25 November. Vroeër vanjaar is daar in die raad besluit om inwoners en besighede die keuse te laat of hulle voorafbetaalde- of konvensionele meters verkies en was ‘n periode van 14 dae toegelaat om hulle keuses aan die munisipaliteit oor te dra. Mafube Besigheidsforum (MBF) het verskeie Frankfort inwoners en besighede bygestaan en namens hulle versoeke ingedien om omteskakel na konvensionele meters. Hiervan het daar egter niks gekom nie en was daar geen reaksie vanaf die munisipaliteit nie. Die probleme met voorafbetaalde meters duur steeds voort.

Gedurende September was daar teen hoë koste ‘n 2-bladsy kennisgewing in die Frankfort Herald geplaas wat waarskynlik geborg was deur die kontrakteurs Inzalo UMS, of die konsultante, AB Projects van KwaZulu Natal. Hierdie kennisgewing was duidelik bedoel om inwoners en besigheids eienaars te probeer ooreed omtrent die voordele van “prepaid”. MBF het in verskeie mediaverklarings die nadele uitgewys en bevraagteken steeds watter partye voordeel trek uit hierdie projek wat geen sin maak as die munisipliteit se finansiële posisie en onvermoë om behoorlike instandhouding van bestaande infrastruktuur te doen in ag geneem word.

MBF se mening in hierdie verband word ondersteun deur ‘n gesaghebbende *studie wat bevind het dat “Voorafbetaalde waterstelsels is nie 'n tegniese towerstaf om onderliggende bestuurskwessies in die lewering van stedelike watervoorsiening op te los nie. ’n Diensverskaffer wat tekort skiet aan doeltreffende bestuur, bestuur en gesonde klanteverhoudings sal waarskynlik veel meer aanvat as wat hy kan hanteer, deur gebruik te maak van voorafbetaalde stelsels.”

Wat staan inwoners en besighede te doen?

MBF beveel aan dat wanneer die geleentheid daar is vir verbruikers (inwoners of besighede) om wel die opsie uit te oefen, konvensionele meters gekies word eerder as voorafbetaalde (prepaid) meters. Verbruikers kan dan hulle regte uitoefen in terme van artikel 102 van die Munisipale Sistemewet, indien hulle nie tevrede is met munisipale dienslewering nie – ‘n reg wat prysgegee word as daar vooruitbetaal moet word vir water.

*Uit: “The Limits and Possibilities of Prepaid Water in urban Africa: Lessons from the Field”, a report commissioned by WSP (Water Sanitation Project) and sponsored by the World Bank.

Besoek gerus MBF vandag te Kerkstraat 18A, Frankfort waar ons u sal bystaan om te reël vir ‘n gerieflike maandelikse debietorder.U kan ook 'n e-pos stuur na info@mafubebf.org of ‘n WhatsApps na 079 145 4295. In Villiers kan u ook die VQA kantoor besoek te Emmet Straat 26, op Maandae- Woendae- en Vrydae oggende.

5 views0 comments

Comments


bottom of page