top of page
  • Writer's pictureMBF

Werksoekers moet wakker wees

Mafube Besigheidforum (MBF) is bewus daarvan dat daar huidiglik talle werksoekers is wat elke geleentheid uit desperaatheid of andersins sal wil aangryp, maar ons wil hulle graag maan om met groot versigtigheid op te tree wanneer aanbiedings aan hulle gemaak word.

Soos die gesegde lui: “As dit te goed klink om waar te wees, is dit nie waar nie!” Hier volg ‘n paar voorstelle wat werksoekers in gedagte moet hou: • Doen navorsing oor die maatskappy wat die betrekking aanbied; dit sal ook handig te pas kom tydens ‘n onderhoud. • Groot / bekende firmas gebruik nooit epos adresse wat Gmail; Yahoo of Hotmail bevat nie, maar sal hul eie maatskappy se naam (co.za of .com) bevat. • Moenie val daarvoor as ‘n werknemer of agentskap vra vir ‘n “registrasiefooi” nie. • Indien spesifiek gevra word vir ‘n foto verskaf slegs ‘n kop en skouers foto wat in CV geheg is en nie addisoneel nie. Veral nie wanneer geen inligting rakende die werk verskaf word nie. • Firmas maak nie van WhatsApp nommers gebruik in hul kommunikasie nie, maar wel van E-pos adresse sowel as landlyn/kantoor telefoon nommers. • Faksnommers is ook iets van die verlede. Min of GEEN firmas het meer die tyd om van faks fasiliteite gebruik te maak. MBF is bewus daarvan dat sommige staatsinstansies nog steeds faksnommers aandui in hul korrespondensie maar dit word betwyfel of dit gebruik word.E-pos adres is baie meer doeltreffend en koste-effektief en toeganklik aanlyn. • Onderhoude wat by hotelle gevoer word laat die gevaarligte aankom. Moenie ‘n by ‘n hotel bywoon tensy die betrekking spesifiek by die hotel aangebied word nie. • Dames sowel as mans – wees versigtig wanneer vir ‘n onderhoud gaan. “Human Trafficking” is ‘n realiteit en mense raak weg. Wees altyd versigtig.

MBF sal met graagte voornemende werksoekers bystaan en raad bied waar daar twyfel mag bestaan. Besoek gerus ons kantore by Kerkstraat 18A te besoek gedurende ons besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295. Of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org



0 views0 comments

Recent Posts

See All

Buite en bokant die ingang van die munisipale geboue van Mafube Plaaslike Munisipale is die woorde “Batho Pele” versier, dit is ook op plakkate binne meeste regeringskantore. Maar wat beteken dit? Een

bottom of page