top of page
  • Writer's pictureMBF

Ywer die grendeltyd

Updated: Feb 15, 2022

Die MBF wil graag besighede en lede van die gemeenskap gerus stel dat ons steeds met dieselfde ywer as voor die grendeltyd besig is om te veg vir die belange van die Mafube inwoners. Ons bestuurspan is in gereelde kontak met mekaar, ons regsverteenwoordiger en ander organisasies wat ons bystaan in die stryd om positiewe verandering te bewerkstellig.

Wees verseker dat ons ten alle tyd verantwoordelik en in belang van die gemeenskap sal optree en steeds sal aandring op die ses kernpunte soos in vorige nuusbriewe gedeel. Alhoewel die Covid 19 pandemie die momentum van ons aksies gekniehalter het, is ons op dreef en baie positief oor die toekoms. Indien jy nog nie ‘n lid is nie, word deel teen R25 per huishouding per jaar, of R150 per besigheid per maand.

Kontak ons vir inligting rondom dispuutverklarings by Marlize Boshoff 0828701344 of marlize@africapaintsgroup.co.za




0 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page