top of page

Eiendomsregte bly beskermd – en Ramaphosa beaam dit

  • Writer: MBF
    MBF
  • 3 days ago
  • 2 min read

In ‘n onlangse hofuitspraak is beslis dat onteiening sonder vergoeding nie regverdig en volhoubaar uitvoerbaar is nie…


Die Appèlhof sê: “Publieke Belang het nie voorkeur bo Grondwetlike Eiendomsregte nie”


Feite & Agtergrond


ree

Die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit het ’n stuk grond wat aan ‘n plaaslike ontwikkelaar behoort, probeer onteien vir die aanleg van waterinfrastruktuur. Die ontwikkelaar het beswaar gemaak dat die munisipaliteit se proses gebrekkig was en dat die vergoeding nie “gelykwaardig en regverdig” (just and equitable) volgens Artikel 25(3) van die Grondwet is nie.


Argumente


Die Rustenburg Munisipaliteit het beweer dat hul optrede “in publieke belang” is, en dat hulle die reg het om grond te onteien vir munisipale dienslewering. Die Ontwikkelaar het aangevoer dat die optrede arbitrêr en ongrondwetlik was — en dat vergoeding die werklike markwaarde moet weerspieël.


Bevinding van die Appèlhof


Die Hof (Supreme Court of Appeal (SCA)) het beslis dat munisipaliteite nie onbeperk mag optree nie. Die Hof het verklaar:


“Expropriation, though a lawful instrument, remains an exceptional measure that strikes at the core of property rights and must therefore be exercised strictly within the bounds of legality and fairness.”


Regsekerheid versterk


Die Hof bevestig dat onteiening slegs geldig is as dit aan grondwetlike vereistes voldoen en vergoeding werklik regverdig (just and equitable) is.


Waarom hierdie uitspraak belangrik is vir grondeienaars en beleggers?

  • Geen politieke “kortpad” nie

  • Munisipaliteite kan nie grond afneem op grond van politieke druk of begrotingsnood nie — “publieke belang” is nie ’n vrypas om te steel nie.

  • Beleggers kan asemhaal

  • Hierdie uitspraak wys dat die regbank ’n beskermingsmuur bly teen onteiening sonder vergoeding. Dit versterk vertroue in eiendomsbeleggings.

  • Ekonomiese stabiliteit


Duidelike regsreëls beteken minder onsekerheid — en dit lok weer kapitaal, ontwikkeling en werkgeleenthede.


Uitspraak opgesom:


Die Appèlhof sê in soveel woorde: “Eiendomsregte is beskerm; vergoeding moet die werklikheid weerspieël, nie die politiek nie.”


Suid-Afrika se howe bly dus ’n waarborg dat jou eiendom nie sonder billike vergoeding geneem kan word nie.


Intussen erken Ramaphosa dat onteiening ongrondwetlik is


Intussen het dit aan die lig gekom dat President Cyril Ramaphosa onder eed erken het dat Artikels 19(2), (3) en (4) van die nuwe Onteieningswet ongrondwetlik is omdat hulle “per abuis” bepaal dat onteiening kan plaasvind voordat die grondeienaar die saak in die hof kan betwis. Ramaphosa erken ook dat hierdie artikels “die bepalings weens vaagheid nietig kan maak” en ander artikels van die Wet kan weerspreek.


Sy erkenning is vervat in Ramaphosa se antwoordende beëdigde verklaring in die hofsaak waardeur AfriForum en ander partye die Onteieningswet in die Hooggeregshof in Kaapstad ongrondwetlik wil laat verklaar. In sy beëdigde verklaring vra Ramaphosa ook dat die hof die "ongrondwetlikheid" van die artikel regstel deur wysigings aan die artikels te "lees".


Besoek MBF by Kerkstraat 18A, Frankfort (Ma–Do: 08h30–16h00, Vr: 08h00–13h00). Kontak Marina per WhatsApp of oproep: 079 145 4295. Besoek www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

Comments


bottom of page