GRONDGRYPE ONDERMYN ONTWIKKELING
- MBF
- Mar 3, 2022
- 2 min read
Updated: Jan 12, 2024

Mafube Business Forum (MBF) is baie bekommerd oor 'n onlangse grondgryp voorval in die nywerheidsgebied van Frankfort. Daar word vermoede dat sekere munisipale raadslede die onwettige besetting van eiendom wat deur private individue en die Mafube-munisipaliteit besit word, aangemoedig het. Die siniese optrede van sodanige raadslede is baie onverantwoordelik. Die motiewe vir aanhitsing is gewoonlik vir persoonlike politieke en/of finansiële gewin, met ‘n minagting vir die regte van ander. In die konteks van Mafube, waar ontwikkeling en werkskepping van die allergrootste belang is, moet ordelike toekenning van behuising en boupersele in ooreenstemming met die munisipale Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) nagekom word.
As 'n gemeenskap kan ons nie bekostig dat reeds skaars industriële en kommersiële erwe verder verminder word en die waarde waard van sulke erwe verminder word nie. Dit stel toekomstige ontwikkelingsinvestering in ons streek in gevaar.
Ingevolge Artikel 23(1) van Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels Wet 32 van 2000, moet munisipaliteite ontwikkelingsgerigte beplanning (algemeen na verwys as die IDP's) onderneem om te verseker dat hulle: (a) daarna streef om die doelwitte van plaaslike regering te bereik soos uiteengesit in artikel 152 van die Grondwet; (b) uitvoering gee aan hul ontwikkelingspligte soos vereis deur artikel 153 van die Grondwet; en (c) saam met ander staatsorgane bydra tot die progressiewe verwesenliking van fundamentele regte, soos byvoorbeeld behuising.
Wat staan jou te doen? In die afwesigheid van effektiewe plaaslike regering, beveel MBF aan dat eienaars van eiendom hulself vergewis van die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting van en Onwettige Besetting van Grond Wet 19 van 1997 (PIE-wet) en ander verwante wetgewing. Die sakegemeenskap sal meer waaksaam en proaktief moet wees aangesien onwettige besetting van grond nog 'n rukkie met ons sal wees. MBF het 'n gids saamgestel vir aanbevole aksies en basiese voorkomende maatreëls om onwettige besetting van grond met redelike doeltreffendheid te beperk. Dit sal op versoek aan ons lede beskikbaar gestel word. Kontak MBF deur ons kantore by Kerkstraat 18A te besoek gedurende ons besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295. Of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org
Comments