top of page
  • Writer's pictureMBF

Wanbestuur van Mafube-voertuigbates

Die onlangs aangemelde diefstal van 'n splinternuwe saampersende vullisvragmotor van die Mafube Plaaslike Munisipaliteit is ter sake. Die vullisvragmotor is intussen in Limpopo gevind en is vandag weer in Villiers gewaar. Ons weet nog nie watse skade is tydens hierdie oefening aan die nuwe trok aangerig nie.

Mafube Besigheidsforum (MBF) voer in sy hofstukke aan dat die munisipaliteit nie die vermoë het om dienslewering te verseker soos dit ingevolge artikel 152 van die Grondwet vereis word nie. Die 17 respondente wat president Cyril Ramaphosa insluit, het in hul onderskeie antwoorde verwys na die aankoop van 2 x nuwe saampersende vullisvragmotors en 2 x nuwe watertenkwaens gedurende die tweede helfde van 2021. Dit word as voorbeeld van die vordering wat die munisipaliteit gemaak het om dienslewering aan sy inwoners te aangebied.

Toe Mafube se munisipale bestuurder, Josie Ralebenya, tydens 'n regstreekse onderhoud op SAfm (08/02/2022) oor die kwessie van dienslewering uitgedaag is, het hy ook die 4 x nuwe vragmotors aangehaal as 'n aanduiding van die munisipaliteit se hernieude vermoë om dienste te lewer. Terwyl MBF die belangrikheid van betroubare voertuie vir dienslewering erken, is dit kommerwekkend dat die aansienlike kapitaalbesteding niks gedoen het om die gebrek aan dienslewering, veral vullisverwydering, te verlig nie.

Kort ná die SAfm-onderhoud is MBF oorval met oproepe en boodskappe van inwoners en sake-eienaars wat almal verskillende weergawes van dieselfde storie vertel het – behoorlike dienslewering deur Mafube Plaaslike Munisipaliteit bestaan nie.

• Die nuutaangekoopte vullisvragmotors word amper nooit gesien nie en vullisverwydering bly sporadies; • inwoners is glo nie ingelig oor enige program of rooster vir vullisverwydering nie; • in Villiers is die vullisvragmotor omstreeks 06h00 een oggend gehoor, te vroeg vir enigiemand om hul swartsakke uit te sit. Die vragmotor is op daardie vroeë uur gesien toe rommel by die munisipale bestuurder se huis opgetel was. Dit het toe weggejaag sonder om enige rommelverwydering by ander huise te doen; • die vullisvragmotor by Villiers is maande lank onwettig gebruik, omdat dit nie geregistreer en gelisensieer is nie. Ditto vir die Frankfort-vullisvragmotor wat later op die toneel gekom het, en tot op hede nog nie geregistreer en gelisensieer is nie; • na minder as 2 maande in diens is die Frankfort-vragmotor beskadig en moes herstel word; • gebrek aan betroubare vullisverwydering deur die munisipaliteit het 'n jeuggroep in Qalabotjha genoop om hul skoonmaakprojek genaamd Vula Vala te begin; • Verbasend genoeg word die nuwe vragmotor nie vir vullisverwydering in die SSK van Frankfort gebruik nie – 'n ou ongeregistreerde en nie-padwaardige trekker-en-sleepwa word vir hierdie doel gebruik; • daar is waargeneem dat munisipale werkers vullis ignoreer en meestal karton optel om vir herwinning verkoop te word; • die nuwe watertenkwaens word selde gesien aflewerings doen, en is meer gereeld geparkeer as aan die werk, terwyl die gekontrakteerde water-vragmotors blykbaar die meeste van die werk doen; en • daar is gesien hoe watervragmotors hul volle vragte by die rivier gaan stort kort nadat dit by die Frankfort-brandweerstasie gevul was. Hierdie water is broodnodig en is bedoel om afgelewer te word vir die inwoners se gebruik.

Hierdie lys is verkort, maar die herhalende tema is dieselfde. Nuwe voertuie wat bedoel is om dienslewering te verbeter, word nie doeltreffend aangewend nie. Dit kom neer op die eenvoudige feit dat die munisipale vloot nie behoorlik bestuur word nie. ’n Mens word herinner aan pogings van die sakegemeenskap gedurende 2019 om vragmotors en toerusting wat aan die munisipaliteit behoort, te herstel. 'n Voorstel om gratis opleiding aan personeel te verskaf en 'n voertuigbestuurstelsel beskikbaar te stel was van die hand gewys. Gevolglik het besighede alle verdere ondersteuning onttrek.

Nuwe toerusting sal nie die onderliggende kwessies van wanbestuur, gebrek aan aanspreeklikheid, gedemotiveerde en swak opgeleide personeel, swak toesig en gebrek aan politieke wil regstel nie.

Inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers kan ons kantore by Kerkstraat 18A besoek gedurende ons besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of Marina kontak op WhatsApp by 079 145 4295. Of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org


0 views0 comments
bottom of page