top of page
  • Writer's pictureMBF

2023 KAN ROOSKLEURIG WEES, MAAR BELEGGINGSVETROUE IS NOODSAAKLIK

2023 skop af met ‘n mengelmoes van slegte en goeie nuus. Goeie nuus is die brandstofpryse wat in Januarie daal, e-tol wat afgeskaf is en volgens Panyasa Lesufi, Premier van Gauteng sal e-tol gebruikers selfs vergoed word. Hy het nog nie presies aangedui hoe die vergoeding sal werk nie, maar hy het wel die bedrag van R6,9 biljoen genoem in ‘n onderhoud op Radio 702 op 4 Januarie 2022.



Op ‘n minder goeie noot is dat daar nog nie ‘n onmiddelike oplossing vir Eskom is nie, en beurtkrag verpes die hele land steeds.

Op ‘n plaaslike vlak besef MBF dat brandstof, e-tol, elektrisiteit en watervoorsiening ‘n daadwerklike impak op inwoners, besighede en die landbou sektor het. Sekere probleme kan egter slegs op nasionale vlak aangespreek word.

Volgens Maroela Media sê Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sal Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte vir 2023 hoofsaaklik gevorm word deur wêreldwye verwikkelinge, Eskom en beleidsimplementering deur die regering.

“Alhoewel die ekonomie dus tans sukkel om momentum te behou in ʼn gekombineerde siklus van verhoogde internasionale en plaaslike ekonomiese onsekerheid, is daar hulpmiddels wat aangewend kan word om Suid-Afrika se ekonomiese weerstand te versterk en meer groei in 2023 kan ontsluit.”

Parsons meen as pres. Cyril Ramaphosa sy politieke mandaat kan omskep in die dringende implementering van pro-groei beleide en projekte, sal Suid-Afrika se vooruitsigte vir werkskepping in 2023 verbeter.

“Eskom moet veral ook dringend herstel word. Geen ekonomie kan groei of werk skep indien deurlopende energie-onsekerheid en grootskaalse ontwrigting voortduur nie.”

Hy sê die bal is dus in die Suid-Afrikaanse regering se hande in 2023 om beleide en projekte te mobiliseer wat werklike vordering sal toon in sleutel- ekonomiese hervorming wat ʼn positiewe verskil kan maak aan sy ekonomiese prestasie.

Hy het klem daarop gelê dat ʼn hupstoot vir beleggersvertroue noodsaaklik is.

Besoek MBF by 18 A Kerkstraat, Frankort, stuur 'n e-pos aan info@mafubebf.org of ‘n WhatsApp 079 145 4295. (www.mafubebf.org). Volg ons op Facebook.


0 views0 comments
bottom of page