top of page
  • Writer's pictureMBF

KADER-ONTPLOOIING GENEREER MISLUKKINGS


In die Frankfort Herald van 12 Januarie 2024 is daar berig oor Prof. Anthony Turton van die Vrystaatse Universiteit, wie sy misnoë uitgespreek het omtrent kaderontplooiing in die watersektor. Turton se opmerkings weerspieël dié van die voorsitter van Maatskaplike Sekerheidstelselsadministrasie en Bestuurstudies (SEB) by Wits, Prof. Alex van den Heever, wat gesê het dat kader-ontplooiing sistemiese mislukking veroorsaak. “Die probleem met die kader-ontplooiingsbeleid en die manier waarop die SEB-raamwerk hanteer is, is dat dit sistemiese mislukkings van bestuur genereer. Hierdie sistemiese mislukkings gaan nie sommer weg nie,” het Van den Heever gesê. Die bestuursmislukkings het beduidende uitwerking op die land se ekonomie, met ’n raming dat Suid-Afrika tussen 30% en 40% van sy potensiële Bruto Buitelandse Produk (BBP) deur hierdie beleid verloor het. “Baie van ons werkloosheid en ongelykheid kan deur hierdie beleid verklaar word. Kader-ontplooiing as beleid pas nie in die Suid-Afrikaanse konteks en die Suid-Afrikaanse Grondwet nie,” het Van den Heever gesê.


Die professor het beklemtoon dat wat geïmplementeer is nie mense werklik bemagtig nie. In plaas daarvan het dit middelmanne geskep wat baie min doen en geen waarde tot die samelewing of die ekonomie toevoeg. Hierdie middelmanne verhoog die koste van basiese dienste sonder enige bykomende voordeel vir die verbruiker en die breër samelewing. As dienste gelewer word, is dit dikwels oor die begroting en eers na aansienlike vertragings. “Dit is in wese gedryf deur individue wat probeer het om geld na hulself en vriende te herlei eerder as om Suid-Afrika te ontwikkel.Jy kan nie hierdie skuiwergate en gapings in die staatsdiens en staat skep om daardie doel na te streef nie.”


Die belangrikste faktor wat nodig is om die Suid-Afrikaanse ekonomie meer inklusief te maak, is nie 'n implistiese model om transformasie te bevorder nie – dit is ekonomiese groei. “Wat ons moes doen, was om die ekonomie uit te brei. Deur die ekonomie uit te brei, sou ons sistemiese transformasie regoor die land hê,” het Van den Heever gesê. “Wat ons eerder gedoen het, was om waarde opn grootskalse vlakte vernietig. Dit plaas ongelukkig die hele Suid-Afrikaanse samelewing in gevaar.”


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers om ons kantore te Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons ​​webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.


Wits - University of the Witwatersrand

20 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page